AfriForum het vanjaar 162 vullisterreine landwyd geoudit as deel van dié organisasie se nasionale projek om die gehalte van vullisterreine in Suid-Afrika te meet. Geen van die 25 vullisterreine wat in die Vrystaat geoudit is, het aan nasionale standaarde voldoen nie. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis 59 van 2008, moet ’n vullisterrein aan bepaalde vereistes voldoen.
Volgens Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier, is al die vullisterreine in die Vrystaat in ’n haglike toestand. “Dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan munisipaliteite wat nie die wil het om aan die standaarde te voldoen nie. Weens wanbestuur is daar nie fondse om op die regte plekke, waaronder vullisterreine, aan te wend nie. Dit is skreiend dat die omgewings so besoedel word.”
AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland, Chris Morgan sê die mees algemene probleme wat AfriForum tydens die oudit opgemerk het, is die afwesigheid van afvalbestuurslisensies en ’n algehele wanbestuur van terreine. “’n Deel van die probleem is dat daar nie bevoegde mense aangestel word in die betrokke poste nie, dus is daar onkundigheid oor die bestuur van die vullisterreine.”
AfriForum het in die laaste twee jaar by verskeie geleenthede met Barbara Creecy, minister van Bosbou, Visserye en Omgewingsake, en haar span vergader. Uit die vergaderings was dit duidelik dat daar onvoldoende kommunikasie bestaan tussen nasionale, provinsiale en plaaslike owerhede. Dit is ’n bewys daarvan dat samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) en die departement van Bosbou, Visserye en Omgewingsake nie met mekaar kommunikeer nie.
AfriForum Mediaverklaring
Good V I should definitely pronounce, impressed with your site. I had no trouble navigating through all the tabs and related information ended up being truly simple to do to access. I recently found what I hoped for before you know it at all. Quite unusual. Is likely to appreciate it for those who add forums or anything, website theme . a tones way for your customer to communicate. Excellent task..
I have not checked in here for some time because I thought it was getting boring, but the last several posts are great quality so I guess I’ll add you back to my everyday bloglist. You deserve it my friend 🙂