Die elektrisiteitsreus Eskom sê vir die eerste keer in jare het ‘n Vrystaatse munisipaliteit sy lopende rekening vir kragverbruik ten volle vereffen.

Die Oos-Vrystaatse Maluti-A-Phofung munisipaliteit – met sy nuwe raad – het op 1 April vanjaar, die eerste dag van die nuwe boekjaar, nie minder nie as R54 miljoen aan Eskom oorbetaal. Nou sê Eskom in ‘n verklaring hy hoop dit is ‘n nuwe hoofstuk in die skuld-sage van dié munisipaliteit.

Dit is egter net die lopende rekening. Die totale uitstaande skuld wat die nuwe raad geërf het, beloop meer as R6,6 miljard. 

Eskom sê verder die munisipaliteit het nie ‘n amptelike afbetalingsooreenkoms om die berg van skuld oor ‘n tydperk te delg nie. Maar die kragreus is hoopvol oor aanduidings vanaf die munisipaliteit dat daar ‘n nuwe invorderingsveldtog begin is wat reeds begin vrugte afwerp. Die munisipaliteit het aangedui dat daar reeds R134 miljoen ingevorder is die afgelope drie maande. 

Eskom sê die munisipaliteit moet weer na die onderhandelingstafel terugkeer om ‘n afbetalingsooreenkoms te teken en aanhou om sy skuld te vereffen.

Source: OFM-nuus

By Dirk

12 thoughts on “Nuwe raad, nuwe blaadjie vir Vrystaatse munisipaliteit”
  1. Alright, so I stumbled upon 66fwin the other day, and I gotta say, I’m impressed. The interface is slick and easy to navigate, and they got a solid selection of games. I even landed a decent win last night! Give it a shot, you might get lucky too. Check it out: 66fwin

  2. Wow, fantastic weblog structure! How lengthy have you ever been blogging for? you made running a blog look easy. The entire look of your site is magnificent, as smartly as the content

  3. Không cần lo lắng về việc bị chặn truy cập! đăng ký 188v đã thiết lập hệ thống đại lý chính thức tại Việt Nam, cung cấp đường link vào ổn định, an toàn và luôn hoạt động 24/7 – bạn chỉ cần click là vào được ngay. TONY02-11O

  4. I am really enjoying the theme/design of your blog.
    Do you ever run into any web browser compatibility problems?
    A number of my blog readers have complained about my site not operating correctly in Explorer but looks great in Chrome.
    Do you have any advice to help fix this problem?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *